Ons waardesisteem
Liefde
vir God, jou naaste en jouself.
Geloof
wat ‘n voorreg om in ‘n Christelike skool ons geloof te mag uitleef.
Respek
vir mekaar, asook speelgoed.
Vriendelikheid
teenoor maats en personeel.
Eerlikheid
Wat maak ons skool die beste?
- Gegradueerde onderwyseresse by die 3-5 jariges se klasse.
- Liefdevolle, ervare onderwyseresse by 0-2 jariges.
- Geskoolde en ervare assistente vir elke klas.
- Klein klassies – onderwyser/kind verhouding:
- 3-18 maande: 1:4
- 1-2 jariges: 1:6
- 2-3 jariges: 1:8
- 3-5 jariges: 1:12
- Ons gebruik die Universiteit van Pretoria se departement van Vroeë Kinderontwikkeling se leergidse en handleidings, asook die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysersunie) se handleiding.
- Ons volg ‘n dagprogram, sodat die kinders ‘n goeie roetine het.
- Die onderwyseresse doen weekliks lesvoorbereiding vir elke tema.
- Uitstekende opvoedkundige apparaat en oorgenoeg speelgoed.
- Elke kind het sy eie matrassie, laken, kussing, kombers, waslap (handdoek) en waterbottel.
- Bak en brou.
- Instappies, bv. die brandweer, ‘n hondevertoning ens.
- Poppekasvertonings.
- Spesiale funksies: Mammadag, Pappadag en Oupa- en Oumadag.
- Pretdae: Boekedag, Liefiedag, Beertjiedag, Skool se verjaarsdag en Lentedag.
- Christelike feesdae: Paasfaas, Hemelvaart en Kerspartytjie.
- Fondsinsamelings: Sportdag, verjaarsdagpakkies en snoepie.
- Jaarlikse kalender met temas en belangrike datums.
Hoe word assessering gedoen?
Daaglikse informele assessering vind deurlopend plaas.
Formele assessering (Nie vir Hasies nie)
1ste kwartaal: Aanpassingsverslag
2de & 4de kwartaal: Assesseringsverslag (SAOU kurrikulumdienste se assessering wat aansluit by die handleiding)
Hoe word dissipline toegepas?
- Met liefde, wedersydse vertroue en respek.
- Streng, beslis, maar regverdig.
- Konsekwent.
- Duidelike en vaste reëls.
- Kinders word nie toegelaat om ander, hulself of eiendom skade aan te doen nie.
- Geen lyfstraf.
Hoe straf ons?
- Ontneem voorregte of verwyder kind uit die situasie.
- Indien die gedrag herhaaldelik voorkom, sal ouers gekontak word.
- “Time-out” volgens kind se ouderdom, bv. ‘n 4-jarige sit vir 4 minute in ‘time-out’.
Watter buitemuurse-aktiwiteite word aangebied?
Alle buitemuurse-aktiwiteite word op ons perseel aangebied. Dit word tydens vryspel buite aangebied en beïnvloed dus nie die klastyd nie.
Die volgende buitemuurse-aktiwiteite word aangebied:
- Little Titans Krieket
- RSD Skills Rugby
- Gonna-be Gholfers
- Pretoria Ballet
- Dance Mouse
- Monkeynastix (Muise, Krimpvarkies en Zebras)
- Dance Mouse Tots (Muise en Krimpvarkies)
- Martin’s Fun Gymnastics
- NSD Skills Netbal
Wat behels vakansieskool?
Skool open 14 Januarie 2026
Die Kleuterskool is oop gedurende die skoolvakansies vir ons Springbokkie maats, soos deur die Departement van Onderwys bepaal. Gedurende die skoolvakansie volg ons ‘n vakansieskoolprogram en nie ons vasgestelde kurrikulum nie. Die doel van die vakansieskool is om u kind te bederf en u ook ‘n ruskans te gee. Ons streef daarna om elke dag van die vakansieskool opwindend en propvol pret en plesier te maak. DIT IS MOS VAKANSIE!
Vakansieskooldatums:
|
27 Maart - 11:00
|
26 Junie - 11:00
|
23 September - 11:00
|
9 Desember - 11:00
|
|---|---|---|---|
|
30 Maart - 7 April
|
29 Junie - 21 Julie
|
28 September - 5 Oktober
|
10 Desember - 14 Desember
|
|
5 dae
|
16 dae
|
6 dae
|
3 dae
|
Ons vra ‘n addisionele bedrag van R55 per kind, per dag (Hasieklas uitgesluit). Voor elke vakansieskool ontvang u ‘n vakansieskool-skeurstrokie, waarop u aandui watter dae u kind die vakansieskool gaan bywoon. U betaal vir die dae wat deur u bespreek is. Ons wend die addisionele R55 aan vir daardie dag se bederf, byvoorbeeld: ‘n speelding wat by die betrokke dag se tema pas, poppekas, instappies (Wetenskap, dans, beweging ens.) sensoriese dae, bakkersdae, teepartytjies en waterpret.












