Springbokkie in 'n neutedop!
Die Springbokkie Visie...
By Springbokkie onderig en ondersteun ons kleuters om optimaal en gebalanseerd te ontwikkel ten einde ‘n suksesvolle toetrede tot die formele skool.
Ons Missie...
- Ons lewer ‘n kwaliteit diens.
- Die psersoneel is gekwalifiseerd en bekwaam.
- Ons handhaaf Christelike norme en waardes.
- Ons kommunikeer openlik en deursigtig.
- Ons skep ‘n vriendelike, veilige en liefdevolle omgewing.
- Ons skep geleenthede vir kognitiewe-, sosiale-, emotionele-, fisieke- en kreatiewe ontwikkeling.
- Ons plaas die geluk van u kind eerste!
Wat is ons waardesisteem?
Liefde; vir God, jou naaste en jouself.
Geloof; wat ‘n voorreg om in ‘n Christelike skool ons geloof te mag uitleef.
Respek; vir mekaar, asook speelgoed.
Vriendelikheid; teenoor maats en personeel.
Eerlikheid.
In ons Springbokkie klassies...
- Gegradueerde onderwyseresse by die kleuterklassies.
- ‘n Geskoolde en ervare assistent vir elke klas.
- ‘n Lae kind-tot-onderwyser ratio (klein klassies vir meer individuele aandag).
Wat vir Springbokkie belangrik is...
- Onderrig deur Christelike beginsels.
- Hoë akademiese standaarde, in ‘n liefdevolle en huishoudelike omgewing.
- Ontwikkeling van skoolgereedheid.
- Uitstekende opvoedkundige leer materiaal.
- Uitkoms gebaseerde kwartaalikse assesering en kwartaalikse vorderingverslae.
- Personeel opgelei in basiese noodhulp en brandweer.
Hoe ons die kinders besig hou...
- Gereelde opvoedkundige instappies soos die brandweer, winkels, padveiligheid, polisie ens.
- Twee-weeklikse poppekas vertonings en bak-en-brou dae.
- ‘n Warm ontbyt vir elke kind en ‘n gebalanseerde middagete vir alle voldag kinders, gemaak deur ‘n kok op ons perseel.
- ‘n Verskeidenheid buite-muurse aktiwiteite in Kultuur, Sport en Wetenskap.
- Jaarlikse funksies soos sportdag, Mamma-dag, Pappa-dag en Oupa-en-Ouma-dag.
Die Springbokkie terrein...
- Goed toegeruste speelterreine vir verskillende ouderdomsgroepe.
- Uitstekende sekuriteit in die vorm van:
- ‘n Wag buite die skool tydens skool-ure.
- 24-Uur reaksie-eenheid.
- Kring-televisie (CCTV) kamera’s op die perseel vir die veiligheid van almal.
Hoe werk die bestuur van die skool?
Die skool behoort nie aan ‘n eienaar nie, maar aan die ouers van die skool. Die skool word deur die hoof bestuur, in samewerking met die Beheerraad. Sewe Beheerraadslede word tydens die Algemene Jaarvergadering verkies uit die ouers van die skool. Die vergadering is die hoogste gesag en word deur al die ouers bygewoon in die begin van die jaar.
ONS IS GERIGSTREER AS ‘N NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE EN ALLE WINS WORD TERUGGEPLOEG IN DIE SKOOL.