Dagprogram
KLEUTERS (3-5 JAAR)
OLIFANTJIES, BEERTJIES EN UILTJIES
Temabespreking (elke week word ‘n ander tema bespreek).
Nuus (kinders vertel hulle eie nuus).
Versie.
Uitstappie (op speelgrond, bv. kyk na die tuin in die lente).
Wetenskap.
Persepsie.
Vroeë gesyferdheid (Wiskunde)
Sang/musiek/beweging of Skeppende aktiwiteite
Storietyd
Naskool se dagprogram word gevolg.
PEUTERS (2-3 JAAR)
KRIMPVARKIES EN ZEBRAS
Temabespreking (elke week word ‘n ander tema bespreek).
Nuus (kinders vertel hulle eie nuus).
Versie.
Uitstappie (op speelgrond, bv. kyk na die tuin in die lente).
Persepsie.
Sang/ musiek/ beweging.
Storietyd
Word aangepas vir die 1-2 jariges (Muisieklas)
hasieklas (3-18 Maande)
In die Hasieklas, ons babas, word daar geleer deur baie liefde en speel. Die eerste ontwikkelings fondasie begin reeds hier te vorm. Daar word ‘n program gevolg wat ouderdomspesifiek uitgewerk is.
Ons werk aan die volgende:
- Ouditief: Bloodstelling aan verskillende klanke om te help met gehoor, brein en taal ontwikkeling.
- Visueel: Dit is die ontwikkeling van visie, versterking van oogspiere en brein ontwikkeling.
- Sensories: Stimulering van hul tas en proe sintuie.
- Propriosepsie: Bewusmaking van waar lyfie in die ruimte is, spiere en gewrigte.
- Beweging: Strek en beweging om die lyfie te help beweeg.
- Grootmotories: Stimulering van die grootspiere; die arms, bene en bolyf. Belangrik vir rol, sit, kruip en loop – uit dit spruit fynmotories.
Die Hasieklas het nie ‘n vaste roetine behalwe vir ontbyt en middagete. Elke baba se drink- en slaaproetine verskil dus val ons in by elke baba se behoeftes.
Aankoms- en Vertrektye
06:30 – 06:45 : Vroeë aankoms (versoek kan per e-pos gestuur word vir goedkeuring)
06:45 – 07:45 : Aankoms
12:15 – 13:30 : Vertrek (Skool sluit vir halfdag kinders)
13:30 – 14:00 : Etenstyd (Hek gesluit)
17:30 : Skool sluit vir naskool
Ontbyt en Verversings
Om 08:10 elke oggend kry al die kleuters ‘n bordjie warm pap. Die pap word afgewissel en kan ‘n bordjie mielie-pap of hawermout pap wees. Rondom 10:15 geniet die kleuters hulle kosblikke.
Elke kind se kosblik moet hom energie gee vir sy skooldag. Maak dit maklik deur vooraf ‘n spyskaart uit te werk, sodat u nie saans of soggens hoef te wonder wat u moet inpak nie. Kinders moet ‘n gemerkte kosblik met gesonde verversings bring vir 10:00/10:30. ‘n Toebroodtjie, provitas, vrugte (geskil en gesny), tamaties, komkommers, worteltjies, kaas, koue vleis, biltong/droëwors, grondboontjies, rosyntjies, neute, worsies, gedroogte vrugte, halwe ontbytstafie, ±3 ”mini cheddars” soutkoekies of jogurt met ‘n lepel. Ons verskaf Oasis water.
GEEN koeldrank, ‘Squeezies’, lekkergoed, koekies, ‘cupcakes’, Tienkies, sjokolade muffins, skyfies of pakkies ‘mini cheddars’ word toegelaat nie. Bederf hom/haar liewer met ‘n briefie/prentjie in sy/haar kosblik.
HASIES & MUISE: Vanaf 9 maande moet u asseblief gesonde vingerhappies inpak. Die babas word aangemoedig om self te eet. Geen sakkies kos/’squeezies’ nie asseblief. Geen koekies of skyfies nie.