springbokkiekleuterskool.co.za

ELKE DAG IS OPEDAG!

Springbokkie se Dagprogram!

Die dagprogram vir die peuters verloop ietwat anders as vir die ouer klassies. Hulle volg egter ook ‘n gestruktureerde program en daaglikse verslag word aan ouers gegee. Klik hier vir die kleuter program (3-5 jaar) en hier vir die peuter program (2-3 jaar).

Sien inligting vir:

Die Springbokkie Hektye

Kleuters kan vanaf 06:30 tot 07:45 afgelaai word in die oggende. Die hek sluit egter stiptelik om 08:00. Halfdag kleuters kan weer afgehaal word tussen 12:30 en 14:00 en vrydae vanaf 12:00. Die voldagprogram neem om 14:00 in aanvang en strek tot 17:30. 

Etes en Spyskaarte

Om 08:10 elke oggend kry al die kleuters ‘n bordjie warm pap. Die pap word afgewissel en kan ‘n bordjie mielie-pap of hawermout pap wees. Rondom 10:15 geniet die kleuters hulle kosblikke. Voldag kinders kry om 13:30 ‘n gabalanseerde ete wat deur ons eie kok, Tannie Annelie, vars voorberei word. Die spyskaart is deur ‘n dieetkundige voorgestel en spesifiek volgens ons kleuters uitgewerk.

Hieronder is ‘n voorbeeld van ‘n tipiese middagete spyskaart vir die week:

MAANDAG
DINSDAG
WOENSDAG
DONDERDAG
VRYDAG
Maalvleis en rys
Hoender en broccolli
Bredie en rys
Worsies en skyfies
Pap, wors en sous
Groente
Pampoen
Spinasie en patats
Slaai
Slaai
Nagereg
Slaai
Slaai
Vrugte
Vrugte
Vrugte
Vrugte
Vrugte

Wat om in jou kleinding se kosblik te pak:

Elke kind se kosblik moet hom energie gee vir sy skooldag. Maak dit maklik deur vooraf ‘n spyskaart uit te werk, sodat u nie saans of soggens hoef te wonder wat u moet inpak nie. Kinders moet ‘n gemerkte kosblik met gesonde verversings bring vir 10:00/ 10:30. 

Toebroodjie

A simple ham sandwich with an edible flower garnish served on a white plate.

Provitas

Vrugte

Assorted sliced fruits including strawberries, bananas, and oranges in containers.

Tamaties

Close-up of hands slicing fresh tomatoes on a wooden cutting board in a cozy kitchen setting.

Komkommers

Worteltjies

Kaas

Koue Vleis

Biltong/ Droëwors

Grondboontjies

Rosyntjies

Neute

Worsies

Gedroogte Vrugte

Halwe Ontbytstafie

±3 Mini Cheddars

Jogurt Met Lepel

HASIES & MUISE: Vanaf 8 maande moet u asseblief gesonde vingerhappies inpak. Die babas word aangemoedig om self te eet. Geen sakkies kos/ squeezies nie asseblief. Geen koekies of skyfies nie.

Scroll to Top