springbokkiekleuterskool.co.za

ELKE DAG IS OPEDAG!

Welkom by Springbokkies Kleuterskool

Waar kinders leer en speel!

Welkom by die beste kleuterskool 😉 Ons spog met ruim klaskamers en twee groot speelgronde buite, waar kreatiewe denke gestimuleer word d.m.v probleemoplossing en spel. Spel is belangrik vir die totale ontwikkeling van ‘n kind (emotioneel, kognitief, liggamlik en sosiaal). Ons is ‘n Christelike skool en ons normes en waardes is op die Bybel gegrond. Ons stel eerlikheid hoog op prys. Respek is ‘n belangrike eienskap wat ons by die kinders kweek.

Die personeel by die 3-5 jarige klasse beskik oor ‘n 4 jaar onderwysgraad. Die personeel is baie liefdevol en vriendelik en dit is vir ons belangrik dat die kinders veilig en geborge voel. Elke kind is vir ons spesiaal en uniek. Springbokkie se personeel werk as ‘n span saam om die sukses van ons skool te verseker en beskik oor hoë werksetiket en werkstrots.

Ons het ‘n baie betrokke ouergemeenskap. Ons ouers dien as beheerraad wat die skool bestuur, in samewerking met die skoolhoof. Ons ouers vorm ‘n belangrike vennootskap met die skool, wat die kinders se ontwikkeling voorop stel. Vandat Springbokkie Kleuterskool se deure in 1977 geopen het, rus God se seën op ons skool en besef ons daagliks Sy genade en liefde.

A young child with rainbow-colored modeling clay and stacking cups on a table indoors.
SKRYF JOU KIND IN
MEER OOR ONS
SIEN ONS SPAN
Vibrant close-up of a child's hands covered in colorful paint, expressing creativity and fun.
ONS DAGPROGRAM
Scroll to Top