springbokkiekleuterskool.co.za

Welkom by Springbokkie Kleuterskool

Springbokkie Kleuterskool is die beste kleuterskool! Ons spog met ruim klaskamers en twee groot speelgronde buite, waar kreatiewe denke gestimuleer word d.m.v probleemoplossing en spel. Spel is belangrik vir die totale ontwikkeling van ‘n kind (emosioneel, kognitief, liggaamlik en sosiaal).

Ons is ‘n Christelike skool en ons normes en waardes is op die Bybel gegrond. Ons stel eerlikheid hoog op prys. Respek is ‘n belangrike eienskap wat ons by die kinders kweek.

Die personeel by die 3-5 jarige klasse beskik oor ‘n 4 jaar onderwysgraad. Die personeel is baie liefdevol en vriendelik en dit is vir ons belangrik dat die kinders veilig en geborge voel. Elke kind is vir ons spesiaal en uniek. Springbokkie se personeel werk as ‘n span saam om die sukses van ons skool te verseker en beskik oor hoë werksetiek en werkstrots.

Ons het ‘n baie betrokke ouergemeenskap. Ons ouers dien as Beheerraad wat die skool bestuur, in samewerking met die skoolhoof. Ons ouers vorm ‘n belangrike vennootskap met die skool, wat die kinders se ontwikkeling voorop stel.

Vandat Springbokkie Kleuterskool se deure in 1977 geopen het, rus God se seën op ons skool en besef ons daagliks Sy genade en liefde.

Hoe werk die bestuur van die skool?

Die skool behoort nie aan ‘n eienaar nie, maar aan die ouers van die skool. Die skool word deur die hoof bestuur, in samewerking met die Beheerraad. Sewe Beheerraadslede word tydens die Algemene Jaarvergadering verkies uit die ouers van die skool. Die vergadering is die hoogste gesag en word deur al die ouers bygewoon in die begin van die jaar.

ONS IS GEREGISTREER AS ‘N NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE EN ALLE WINS WORD TERUGGEPLOEG IN DIE SKOOL.

Scroll to Top