Kom sê hallo!
Welkom by jou kleinding se tweede tuiste! Hier maak ons groot drome uit klein handjies: sing, verf, bou, ontdek en leer — alles met baie liefde en geduld. Ons juffrouens gee persoonlike aandag, ons roetine is sag en duidelik, en ons speel-leer benadering maak elke dag ’n avontuur. Ons is versot op ons huidige maatjies en kan nie wág om nuwe vriendjies te verwelkom nie. Kom loer in, kom sê hallo — en kom sien hoe kinders by ons regtig blóm.
- 084 881 8818
- bemarking@springbokkiekleuterskool.co.za
- Springbokstraat 145, Wierdapark
- Posbus 50671, Wierdapark, 0149
Wanneer ons beskikbaar is:
Enige vrae?
Vul hierdie vorm in en ons kom terug na jou toe:
Ja, skeduleer gerus ’n besoek - ons wys vir jou ons pragtige skool en beantwoord enige vrae.
Vul ons Inskrywingsvorm in; ons bevestig plek, dokumente en begindatum per e-pos. Maak ook gerus kontak om die inskrywingsvorms per e-pos te ontvang/ laai dit hier af.
Ja! Ons het halfdag en voldag opsies, loer gerus hier vir meer inligting.
Skryf jou kleinding vandag in:
Vul die vorm hieronder in om ’n plek vir jou kleinding te bespreek of op ons waglys te kom. Ons span bevestig ontvangs binne 1–2 werksdae en help jou met die volgende stappe. Indien jy eers wil kom kyk, dui dit net aan – ons reël graag ’n besoek op ’n tyd wat vir jou pas.
Hou gerus hierdie byderhand:
- Kind se geboortesertifikaat
- Immunisasie-kaart
- Ouer/voog se ID
- Bewys van adres
- Enige allergie/mediese inligting
Ons hanteer jou inligting met sorg en gebruik dit slegs om jou inskrywing te verwerk.